Friemersheim se muurskilderye vertel verhaal


Opsoek na ‘n lekker uitstappie? Besoek gerus Friemersheim.
Friemersheim is omtrent 15 minute buite Groot Brakrivier. Wat ‘n pragtige plek!
Jy word was begroet deur van die pragtigste kunswerke teen van die huise. Dit is so mooi!
Ons het so paar “locals” ontmoet wat ons met ope arms ontvang het. Hulle het soveel interessante stories om te deel oor hierdie pragtige plek.
Plaaslike kunstenaar Fourie Ackerman (60) woon op ‘n plaas naby Friemersheim en het in Desember 2020 tydens die inperking besluit om die mure van wonings op die dorp met wildlewe te beskilder.
Friemersheim was ‘n sendingstasie wat in 1870 gestig is..
Friemersheim, ‘n klein landbougemeenskap sowat 15 kilometer van Groot-Brakrivier, is in die vroeë 19de eeu deur ‘n Duitse sendeling gestig. In 1869, deur die pogings van dominee Johann Kretzen van die Berliner Missionary Society, is ‘n skool en kerk gebou op die plaas Gonnakraal, wat Kretzen vir sy suster gekoop het.
Na sy suster se dood in 1872 bemaak hy die plaas aan die NG Kerkgenootskap, en dit word later herdoop tot Friemersheim, na Kretzen se geboortedorp in Duitsland. Dit het in die besit van die NG Kerk gebly tot in die 1960’s, toe dit aan die staat verkoop is.
Bron: Wikipedia
