Seefront Karwas Hartenbos

Ons wil net baie graag ‘n “shoutout” gee aan hierdie plek vir die ongelooflike goeie diens wat ons al oor die afgelope paar jaar ontvang! Ondersteun hulle gerus. Wat is nou lekkerder as om op die wandelpad te gaan stap met ‘n roomys en terug te kom na ‘n skoon kar.

Hulle het ook ‘n voertuig opteldiens binne ‘n radius van 5 km van Hartenbos Seefront!

Hulle is deel van Seefront Wassery so neem sommer jou wasgoed saam en spaar tyd vir meer roomys eet langs die strand.