Klik gerus op die video hiernaas en vind meer uit oor wat Nico se kuns-inspireer en watter reis sy kuns geneem het.

Nico Claassen, is een van tientalle skilders, skrywers en digters wat op Saterdag, 4 November 2023, deel gaan wees van die Droombos Kuns-Inni-Bos net buite Tergniet tussen Groot- en Kleinbrakrivier.

Klik gerus op die video hiernaas en vind meer uit oor wat Nico se kuns-inspireer en watter reis se kuns geneem het.

“Ek sien daarna uit om kunsliefhebbers by Droombos se Kuns-Inni-Bos te ontmoet en te gesels oor wat ons kan doen om met skeppende kuns ons wêreld mooier te maak,” vertel Nico.

Volgens Leone du Buisson, mede-eienaar van Droombos, word die publiek uitgenooi om ‘n dag gevul met kuns, kos, musiek en goeie vriende by die besonderse bestemming te geniet.

“Droombos skep ’n samesyn en daar sal iets op die kole en goeie wyn en heerlike kaas by ons wyn- en kaasproe wees.”

Ons is ook opgewonde dat verskeie musiekkunstenaars van die Mosselbaai se kunste-ontwikkelings-inisiatief, Mokka-Mokka, by ons geleentheid sal optree.

Kuns-Inni-Bos vind plaas van 10:00 tot 15:00. Toegang is gratis en jy kan ook ’n draai maak by Droombos se plaasmark met vars groente, gebak en ander produkte wat elke Saterdag van 08:00 bedryf word.

Belangstellendes kan Leone bel by 0823336479 vir meer inligting.

Die skrywers word ondersteun deur Cordis Trust en Cinematic Travel SA die media-vennoot.

Waar: Droombos, hoek van R102 en Sorgfonteinpad, Tergniet, tussen Klein- en Groot-Brakrivier.

Whatsapp Nico by +27 71 361 7545 as jy in sy kuns belangstel.

Nico Claassen, is een van tientalle skilders, skrywers en digters wat op Saterdag, 28 Oktober 2023, deel gaan wees van die Droombos Kuns-Inni-Bos net buite Tergniet tussen Groot- en Kleinbrakrivier.