Michelle sal by Droombos beskikbaar wees  om veral met ouers te gesels hoe dié reeks hulle kinders kan help.

Een van die hoogtepunte by Droombos se Kuns-Inni-Bos is Michelle Wasserman se bekendstelling van haar boeke-reeks “Lekker lees met Lisa en Ben”, wat sy saam met ’n spraak-taalterapeut en graad 1 onderwyser ontwikkel het.

“Die boeke is ontwikkel omdat daar slegs enkele Afrikaanse boeke vir graad 1 lesers beskikbaar is, veral vir die eerste en tweede kwartaal. Die boeke wat beskikbaar is, gebruik dikwels nie gepaste sigwoorde nie en hulle maak nie gebruik van die korrekte graad 1 skrif nie.

“Hulle maak ook dikwels gebruik van woorde wat graad 1 leerders nog nie kan lees nie en het illustrasies wat te besig is en die kind se aandag aftrek.” Vertel Michelle.  Klik op die video hiernaas.

Michelle sal by Droombos beskikbaar wees  om veral met ouers te gesels hoe dié reeks hulle kinders kan help.

Jy kan Lekker Lees met Lisa en Ben ook kontak by +27741122752.

Tientalle skilders, ander skrywers en digters is Saterdag, 28 Oktober 2023, deel van dié Droombos Kuns-Inni-Bos net buite Tergniet tussen Groot- en Kleinbrakrivier.

Volgens Leone du Buisson, mede-eienaar van Droombos, word die publiek uitgenooi om ‘n dag gevul met kuns, kos, musiek en goeie vriende by die besonderse bestemming te geniet.

Droombos skep ’n samesyn en daar sal iets op die kole en goeie wyn en heerlike kaas by ons wyn- en kaasproe wees.”

Kuns-Inni-Bos vind plaas van 10:00 tot 15:00. Toegang is gratis en jy kan ook ’n draai maak by Droombos se plaasmark met vars groente, gebak en ander produkte wat elke Saterdag van 08:00 bedryf word.  

Belangstellendes kan Leone bel by 0823336479 vir meer inligting. 

Die skrywers word ondersteun deur Cordis Trust en Cinematic Travel SA is die media-vennoot.   

Waar: Droombos, hoek van R102 en Sorgfonteinpad, Tergniet, tussen Klein- en Groot-Brakrivier.