Kan julle glo dat hierdie skeepswrak al 111 jaar hier lê?
Deur die jare het die dok as ‘n platform en kunsmatige rif gedien
Die Droogdok van Glentana het op Saterdag, 1 November 1902, om 18h20 sy laaste rusplek gevind het by Glentana, ‘n strandgebied ‘n paar kilometer oos van Mosselbaai, naby Heroldsbaai.
Was julle al hier gewees? Ons kan beslis ‘n besoek na hierdie wrak aanbeveel! Dit is regtig pragtig om van naby te aanskou!
Hierdie skeepswrak naby Glentana is nie noodwendig dié van ’n skip nie, maar eerder ’n 4500 ton-dryfdok wat hier op die strand uitgespoel het.
.
Hierdie droogdok was vanaf die skeepswerwe van Newcastle-on-Tyne, Engeland op sleeptou na Durban, toe ‘n geweldige storm op see losgebars het. ‘n Sterk noord-westewind, wat later suid-wes gedraai het, het die dok en die stoomskip, Baralong, wat dit op sleeptou gehad het, landwaarts gedwing.
Deur die jare het die dok as ‘n platform en kunsmatige rif gedien. Die seelewe daar rondom het toegeneem en selfs kransduiwe het begin nesmaak in die wrak