Probeer Spekboom se lekker kaaskoek!
Spekboom se koffie is fantasties!
n Moet-besoek plekkie in Voorbaai hierdie skoolvakansie!
Jooste Bergh Artisan Cheese het onlangs oopgemaak en maak al hulle heerlike soorte kaas op die perseel! Al hulle kaas word handgemaak en die verskeidenheid is ongelooflik! Dit word ook by Spekboom Deli verkoop!
Spekboom Deli het ook ‘n nuwe koffieroostery op die perseel! Hierdie heerlike koffie word hier gerooster en by Spekboom Deli verkoop. Julle moet dit probeer!
Ons het ‘n ontbyt by Spekboom probeer en dit was HEERLIK!
Ons stop ook gereëld hier vir ‘n Ciabatta brood en dit is altyd vars! Het julle dit al probeer? Dit word ook op die perseel gebak – elke dag vars.
Heerlike kos, warm atmosfeer en die vriendelikste personeel! Gaan besoek hulle gerus sommer binnekort! Julle sal nog baie terugkom! Hier is baie plekkies wat julle nog moet ontdek.