Hierdie is ‘n moet-besoek koffiewinkel in die hart van Mosselbaai
Was julle al hier gewees?
Die koffiewinkel het nuwe eienaars en dit was so lekker om te sien hoeveel liefde hulle in hierdie plek insit.
Ons het hulle Bobotie Pannekoek en ‘n Toastie probeer. Dit was heerlik! Ons moes ook van hulle koek probeer – hoekom dan nie? Alles is regtig lekker! Besoek hulle gerus nog hierdie vakansie.