Spekboom se koffie is fantasties!
Moet nie vergeet om hierdie plekkie hierdie vakansie te besoek nie!
JOOSTE BERGH Artisan Cheese is ook hier en hulle maak al hulle heerlike kaas op die perseel! Al hulle kaas word handgemaak en die verskeidenheid is ongelooflik! Dit word ook by Spekboom Deli verkoop!
Spekboom Deli het ook hulle eie koffieroostery op die perseel! Hierdie heerlike koffie word hier gerooster en by Spekboom Deli verkoop. Julle moet dit probeer! Besoek ook die NUWE Die Werf!
Ons stop ook gereëld hier vir ‘n Ciabatta brood en dit is altyd vars!Dit word ook op die perseel gebak – elke dag vars.
Heerlike kos, warm atmosfeer en die vriendelikste personeel! Gaan besoek hulle hierdie vakansie! Julle sal nog baie terugkom! Hier is baie plekkies wat julle nog moet besoek.






