Sorgvrye aftrede in die hart van die Tuinroete – Diaz Strand.
Wat ‘n pragtige plek met die vriendelikste personeel!
Bardolino Leefstyl en Aftree Oord is ‘n residensiële ontwikkeling en die model bestaan uit 73 voltitel woonhuise, 9 deeltitel woonstelle, 33 bystand verhurings eenhede en ‘n 36 bed 24-uur versorgingseenheid. Bardolino is geleë in die gewilde Diaz strand, in die hartjie van die Tuinroete waar die mooiste kuslyn strek, sover as wat die oog kan sien. Bardolino is ‘n ultra-moderne oorde en die 73 voltitel woonhuise en 9 deeltitel woonstelle is ontwerp vir persone 50 jaar en ouer, wat ‘n aktiewe en sosiale leefstyl geniet. Dit is waar jy jou vryheid en onafhanklikheid bo enige iets ander kan uitleef.
Die wassery sorg dat inwoners se skoon wasgoed op ‘n geskeduleerde roetine by hul eenheid afgelewer word. Ander fasiliteite sluit in: ‘n raadsaal wat beskikbaar is vir die inwoners se gebruik; ‘n haar- nael en skoonheidsalon waar die inwoners (dames sowel as mans) hul hare kan versorg en gepamperlang kan word.
Laaste, maar beslis nie die minste nie, is die koffiekroeg wat ‘n heerlike kuierplek is waar gaste en familie die soet en sout van die lewe saam kan geniet.
Gepas by die moderne en luukse afwerking van die oord, word die dienste en fasiliteite by Bardolino op ‘n hoë standaard gehandhaaf wat Bardolino beslis as een van die mees gesogte aftree-oord in die land klassifeer.
Mosselbaai is die nommer een aftreebestemming in Suid-Afrika met goeie rede. Die Mosselbaai-munisipaliteit spog met die toekenning vir die beste munisipaliteit in Suid-Afrika vir 5 jaar agtereenvolgend, wat beteken dat munisipale dienste op ‘n hoë standaard gelewer word.
Vir die senior burgers van Bardolino word ook ander aktiwiteite by die dienssentrum aangebied wat insluit gereelde uitstappies, boekklub, bingo, stapklub, eredienste, sanggeleenthede en vele meer.
1A Via Calabrio Road, Diaz Strand.
044 492 0407