‘n MOET-BESOEK in Mosselbaai! Mooiste uitsig en van die lekkerste koek!
Het julle geweet? Die Cape St Blaize Lighuis is in 1864 gebou! Die toring is 14,9 m hoog, maar vanweë sy ligging op die rots is hy 73 m bo seevlak.
Batholomeus Diaz het 1488 hierdie hawe ingeseil op die feesdag van Saõ Bras (feesdag van Saint Blaize). Hy noem toe hierdie plek St Blaize, vandag bekend as Mosselbaai!
Wanneer laas was julle hier gewees? Deel gerus jou ervaring en fotos met ons in die “comment section”.