Die salom sandwich was heerlik
Ons het hierdie week gou ingeloer by een van ons gunsteling plekkies in Mosselbaai.
Ons het hulle Salmon Sandwich probeer en dit was ongelooflik lekker! Julle moet dit probeer!
Ons stop ook gereëld hier vir ‘n Ciabatta brood en dit is altyd vars! Het julle dit al probeer? Beslis die lekkerste Ciabatta in die hele area!
Hulle hou ook ‘n verskeidenheid van plaaslike produkte aan wat deur #locals gemaak word. Kyk net na die oulike voorskote.
Heerlike kos, warm atmosfeer en die vriendelikste personeel! Gaan besoek hulle gerus sommer binnekort! Julle sal nog baie terugkom!